D’Var
Torah
En Hy
het verskyn / Va’era
Eksodus / Shemot {7:1} “En die HERE het aan
Moses gesê: Kyk, Ek stel jou as ‘n god vir Farao, en jou broer Aäron sal jou
profeet wees. {7:2} Jy moet spreek alles
wat Ek jou beveel, en jou broer Aäron moet met Farao spreek, sodat hy die
kinders van Israel uit sy land laat uittrek. {7:3} En Ék sal Farao se hart verhard en my tekens
en wonders in Egipteland vermenigvuldig. {7:4}
Maar Farao sal na julle nie luister nie; en Ek sal my hand op Egipte lê
en my leërskare, my volk, die kinders van Israel, deur groot strafgerigte uit
Egipteland uitlei. {7:5} Dan sal die
Egiptenaars weet dat Ek die HERE is, as Ek my hand oor Egipte uitstrek en die kinders
van Israel tussen hulle uitlei. ”.
Dit is ‘n moeilike gedeelte vir meeste om te
verstaan. Die vraag word gevra: “Wat bedoel God wanneer Hy vir Moses sê: ‘Kyk,
Ek stel jou as ‘n God vir die Farao, en jou broer Aäron sal jou profeet (Navi)
wees’”.
Baie mense misgis hulleself wanneer die rol van
‘n profeet begryp moet word. Hulle verkeer onder die indruk dat ‘n profeet
iemand soos ‘n waarsêer of spiritistiese medium moet wees; trouens, heelparty
mense – selfs onder gelowiges vandag – wat vir hulleself die amp van profeet
toeëien, is in werklikheid valse profete en bloot waarsêers of spiritistiese
media. Dit laat ‘n mens inderdaad wonder of hulle werklik gered is en of hulle
waarlik Jesus die Messias as hulle Here en Redder ken.
Wat ek veral van die bovermelde Skrifgedeelte
hou, is dat dit na mening die duidelikste omskrywing van ‘n profeet se rol
verstrek.
Toe God aan Moses gesê het dat Hy hom as ‘n God
vir die Farao stel en Aäron sy profeet sal wees, het Hy bedoel dat Moses
opdragte vir Goddelike wonderwerke aan Aäron moes gee en laasgenoemde intern
Moses se spreekbuis tot die Farao sou wees. Moses self sou egter nie die
wonderwerke uitvoer nie – hy sou dit slegs aankondig, die boodskap aan Aäron
oordra en dit sou Aäron wees wat die boodskap aan die Farao moes oordra en die
wonderwerke uitvoer.
‘n Profeet is ‘n persoon wat namens God spreek.
Hy is die boodskapper van God aan die mense. God spreek tot Sy profeet en die
profeet dra die boodskap aan die mense oor. Derhalwe kan ons sê dat ‘n profeet
God by die mense verteenwoordig. Hierdie funksie is die teenoorgestelde van dié
van ‘n priester, wat die mense voor God verteenwoordig. ‘n Profeet spreek
namens God tot die mense en ‘n priester spreek namens die mense tot God. Wat
ons dus in die bovermelde gedeelte deur God gesê is, is dat Moses soos God vir
die Farao gestel word en Aäron soos ‘n profeet vir Moses. Dit is presies wat
ons hulle sien doen in die uitvoering van hulle indiwiduele rolle voor die
Farao.
Eksodus
/ Shemot {7:8} “En die HERE het Moses en Aäron aangespreek met die woorde: {7:9} As Farao met julle spreek en sê: Doen tog ‘n
wonderteken vir julleself—dan moet jy vir Aäron sê: Neem jou staf en gooi dit
voor Farao neer; dan sal dit ‘n slang word. ”.
Moses, in sy funksie as God, sê vir Aäron wat om
te doen. Aäron as God se verteenwoordiger by die mense, doen wat God hom
beveel. Verstaan jy dit?
‘n Profeet ontvang sy boodskap regstreeks van
God. Indien die boodskap van God af egter deur middel van ‘n engel oorgedra
word, kan die ontvanger van die profesie nie as ‘n profeet geag word nie.
Daarom is Jesus die laaste van die aangetekende profete. Ek stel dus voor dat
jy uiters versigtig optree wanneer iemand homself as ‘n profeet voordoen.
Ontvang hulle inderdaad ‘n profesie van God af?
Congregation Melech Yisrael alle regte voorbehou
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking