D’Var
Torah
En hy
het gelewe – Vayechi
Genesis / Bereshit {47:27} “So het Israel dan in
Egipteland gewoon, in die land Gosen; en hulle het vaste besittings daarin
verwerf en vrugbaar geword en sterk vermeerder. {47:28} En Jakob het sewentien
jaar in Egipteland gelewe, sodat die dae van Jakob, die jare van sy lewe,
honderd sewe en veertig jaar was. {47:29} En toe die dae van Israel nader kom
dat hy moes sterwe, het hy sy seun Josef laat roep en vir hom gesê: As ek nou guns
in jou oë gevind het, sit dan tog jou hand onder my heup en bewys my liefde en
trou-begrawe my tog nie in Egipte nie. {47:30} Wanneer ek met my vaders
ontslaap het, bring my dan weg uit Egipte en begrawe my in hulle graf. En hy
antwoord: Ek sal handel ooreenkomstig u woord. {47:31} Toe sê hy: Sweer my dit
tog. En hy het vir hom gesweer. Toe het Israel in aanbidding gebuig oor die
koppenent van die bed.”.
Toe ek
hierdie Skrifgdeelte gelees het, kon ek nie verstaan waarom Jakob (Ya’akov)
spesifiek begrawe wou word in die plek waar sy voorvaders begrawe is nie. Daar
was tog begraafplase in Egipte waar ander Israeliete begrawe was, want na
alles, wat is die verskil waar ons begrawe word – ons siel en gees verlaat
immers die liggaam wanneer ons sterf en styg op na die hemel om by die Vader te
wees. Daarom maak dit nie saak waar ons begrawe word nie want met die
opstanding kan God ons liggaam, siel en gees herenig. In die Skrif word ons
vertel dat met die opstanding, selfs die see die dode daarin sal opgee.
Dus sal
diegene wat ter see begrawe is, opstaan en soos almal, met hulle siel en gees
herenig word.
Waarom
het Jakob dus sy seun Josef laat belowe om hom nie in Egipte te begrawe nie
maar in plaas daarvan, sy liggaam te neem om by sy voorvaders begrawe te word?
Hy het immers die belofte ontvang om die land waar sy voorvaders begrawe is, in
besit te neem ofskoon dit vóór sy dood nog nie gerealiseer het nie. Die
klaarblyklike rede sou gewees het dat hy by sy voorvaders begrawe wóú word en
dit was dus geen onredelike versoek nie.
Moontlik
wou Jakob bloot nie tussen heidene begrawe word nie, want Egipte was ‘n
heidense, afgodaanbiddende volk. Die ander moontlikheid was dat hy begrawe word
tussen sy voorvaders, wat hy geweeet het, die één ware God aanbid en Sy gebooie
getrou nagekom het. Watter verskil maak dit? Oënskynlik moes dit wel ‘n verskil
gemaak het omdat Josef, wat hom betref, dieselfde verlang het. Hy het, trouens,
die kinders van Israel laat belowe dat
hulle ook sy beendere uit Egipte sou wegneem wanneer hulle na Israel
vertrek, wat hulle inderdaad ook gedoen het.
Verskoon
my as ek dit sê, maar ek voel dieselfde oor waar ek begrawe wil word. Natuurlik
kan my eggenote en ek nie ook by ons voorvaders begrawe word nie, maar ons het
sekergemaak dat ons tussen ander Messiaanse gelowiges ter ruste gelê word. Soos
voorheen gemeld, het ons geen benul wat die verskil is nie, maar ons het slegs
besluit dat dít ons wens is.
Jesaja / Yeshayahu {66:17} “Die wat hulleself
heilig en hulleself reinig vir die tuine, terwyl hulle die een nadoen wat in
die middel staan; wat varkvleis eet en verfoeisels en muise-almal saam sal
hulle tot niet raak, spreek die HERE.”.
Jesaja / Yeshayahu {65:4} “wat in die grafte sit
en vernag in verborge plekke; wat varkvleis eet, en daar is brokke onrein vleis
in hulle skottels; {65:5} wat sê: Bly daar! Kom nie naby my nie, want ek is
heilig vir jou! Hierdie mense is 'n rook in my neus, 'n vuur wat die hele dag
brand. {65:6} Kyk, dit staan voor my aangesig geskrywe; Ek sal nie swyg nie,
tensy dat Ek dit vergeld het; ja, Ek sal dit vergelde in hulle boesem-”.
Jy
wonder miskien waarom ek hierdie twee Skrifgedeeltes aanhaal – albei blyk
geheel-en-al om geen betrekking op die onderwerp te hê nie. Die feit is egter
dat dit nie so is nie!
Die kerklike
leer, oor die algemeen, verkondig vandag teenstrydighede met die Tora en in
besonder teen die wette aangaande eetgewoontes, wat daarin vervat is. Hulle eet
varkvleis en ander voedselsoorte wat as ‘n gruwel in die oë van die Here beskou
word. In die betrokke verse leer God ons wat die einde van hierdie mense sal
wees. Moet dit egter nie volgens julle mening probeer regverdig dat God slegs
tot Israel gespreek het nie, want Hy het nie. Elke gelowige, Jood of nie-Jood,
wat gered is, is geënt in dieselfde boom van wie die voorvaders van Israel, die
wortels is. Wanneer nie-Joodse gelowiges Jesus as hulle Messias aanvaar, word
hulle deel van die ryk van Israel en is gevolglik onderworpe aan die leringe
van die Tora.
Wat is
dus my punt? Eenvoudig! My beskouing om in ‘n Christelike- of nie-sektariese
begraafplaas ter ruste gelê te word, is dieselfde as wat Jakob moontlik gevoel
het om in Egipte begrawe te word. Wat staan ‘n mens dus te doen? In die eerste
plek vir diegene wat in Kanade en die Verenigde State woon, is daar baie
Messiaanse gemeentes, waarvan ons s’n één is. Indien dit vir iemand belangrik
genoeg is, sou dit nie moeilik wees – indien hulle nie naby ‘n Messiaanse
Joodse begraafplaas woon nie – om hul liggaam te laat verskeep vir begrafnis
aldaar nie. Ek is nie bewus daarvan of daar ‘n Messiaanse begraafplaas in
Europa is nie, maar ‘n opsie is, indien jy dit natuurlik kan bekostig, om in
Israel begrawe te word. Na my beste wete, beskik nie-Jode ook daar oor ‘n
begraafplaas.
In elk
geval, moet elke persoon in sy / haar hart oortuig wees van waar hulle graag
begrawe wil word en per slot van sake, maak dit tog selfs nie ‘n verskil nie!
Congregation Melech Yisrael alle regte voorbehou
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking